Persverklaring: Wie is CA1st?

Persverklaring

29 Oktober 2021

Wie is CA1st?  

Die Plaaslike regeringsverkiesings / munisipale verkiesing vind plaas op 1 November 2021. Díe is ‘n geleentheid vir Kapenaars om hul waardigheid terug te neem en wyse keuses by die stembus te maak

Die Credible Alternative First Movement het ontstaan uit ‘n burgerlike organisasie wat bekend is as SA First Forum. Ons het korrupsie, ongelykheid en magsmisbruik op alle regeringsvlakke teen gestaan. Ons het gewone mense aangemoedig om hul stemme teen onreg deur die gesag te verhef. As ‘n burgerlike organisasie wat die politieke arena betree,bied ons Kapenaars ‘n eerlike, realistiese en geloofwaardige benadering tot die munisipale administrasie.

In ons manifes, bied ons die mense van Kaapstad die geleentheid om hul waardigheid te herstel en die soort dienste wat hulle verdien, te verskaf. Die Credible Alternative First Movement, wil wys dat ‘n mens ‘n amptenaar kan wees om gemeenskappe te bedien sonder ruimte vir korrupsie, selfverryking of vooroordeel. Ons doen ‘n beroep op die mense van Kaapstad om ons manifes te lees. Ons manifes en ons verskillende beleidsaanbiedinge wat hieraan verbind is, wys vir Kapenaars wat ons bedoel met ‘n ‘geloofwaardige alternatief’ en strewe daarna om ‘n ‘Humane, Caring; Can-Do Cape Town”.  Die manifes kan gevind word op ons webwerf www.ca1st.org.za.

‘Ons bied Kapenaars ‘n alternatief wat geloofwaardig is en ‘n nuwe manier van hoe die Stad kan werk’, sê die burgermeesterskandidaat van die CA1st, Adv. Rod Solomons. Stem vir CA1st op 1 November 2021 sodat ons U kan wys wat ons kan en sal doen. 

Uitgereik deur: Zahra Ismail, Mediabeampte van CA1st

Kontak nommer: 0742916631